# Rugby: Die Cheetahs en die Pumas skop vanaand die tweede naweek van die Curriebeker-Premierliga in Bloemfontein af. Môre reis Westelike Provinsie na Johannesburg om op Ellispark teen die Leeus te speel, terwyl die Bulle en die Haaie mekaar op Loftus pak. Sondag speel die Griekwas en die Boland Kavaliers in Kimberley. Die Leeus is […]
# Rugby: Baie is steeds op die spel in môre se laaste toets tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus in Sydney al het die besoekers reeds die reeks beklink. Die Wallabies wil hul eer herwin nadat hulle in die tweede toets in Melbourne ‘n voorsprong van 23-5 verbeur het. Die besoekers probeer […]
# Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sal vandag ‘n dialoog oor vroue in die handelswêreld aanbied tydens die amptelike bekendstelling van Vrouemaand by die Sandton-konferensiesentrum. Die geleentheid, met die tema ‘Bou Veerkragtige Ekonomieë vir Almal’, sal informele ekonomiese ondersteuning, groen energie en belegging in sleutelsektore […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa stel vandag die hervormde Brandweerraad in uMhlathuze, KwaZulu-Natal bekend. Hierdie is ‘n belangrike stap in die modernisering van die Suid-Afrikaanse brandweerdienste. Die raad sal nasionale brandbeleid lei, reaksietye verbeter, en uitdagings soos klimaatsverandering en verstedeliking aanspreek. Die raad is gestig onder die Wet op […]
# Die Parlement se Etiese Komitee het adjunkpresident Paul Mashatile met tien-duisend-rand beboet omdat hy ‘n diamant wat sy vrou as geskenk ontvang het, nie verklaar het nie. Die geskenk was afkomstig van diamantbeleggingsbedrieër, sakeman Louis Liebenberg, en is in die vertroulike gedeelte van sy finansiële register gelys. Die klagte is amptelik op 5 Maart […]
# Die DA sê Suid-Afrika ondervind ‘n dubbele ekonomiese slag met dreigende tariefverhogings sowel as beperkte toegang tot Taiwan se halfgeleier-elektroniese skyfies. Die party beskuldig die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, omdat hy Taiwan se sending na Suid-Afrika afgradeer het, en waarsku dat sleutelnywerhede soos motorvervaarding, wat swaar op hierdie skyfies staatmaak, […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor die Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel voedselpryse styg, is […]