# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa stel vandag die hervormde Brandweerraad in uMhlathuze, KwaZulu-Natal bekend. Hierdie is ‘n belangrike stap in die modernisering van die Suid-Afrikaanse brandweerdienste. Die raad sal nasionale brandbeleid lei, reaksietye verbeter, en uitdagings soos klimaatsverandering en verstedeliking aanspreek. Die raad is gestig onder die Wet op […]
# Die Parlement se Etiese Komitee het adjunkpresident Paul Mashatile met tien-duisend-rand beboet omdat hy ‘n diamant wat sy vrou as geskenk ontvang het, nie verklaar het nie. Die geskenk was afkomstig van diamantbeleggingsbedrieër, sakeman Louis Liebenberg, en is in die vertroulike gedeelte van sy finansiële register gelys. Die klagte is amptelik op 5 Maart […]
# Die DA sê Suid-Afrika ondervind ‘n dubbele ekonomiese slag met dreigende tariefverhogings sowel as beperkte toegang tot Taiwan se halfgeleier-elektroniese skyfies. Die party beskuldig die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, omdat hy Taiwan se sending na Suid-Afrika afgradeer het, en waarsku dat sleutelnywerhede soos motorvervaarding, wat swaar op hierdie skyfies staatmaak, […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor die Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel voedselpryse styg, is […]
# Die MK-party verwerp die Konstitusionele Hof se besluit om hom regstreekse toegang te weier in sy aansoek om die aanstelling van ‘n Wits-professor, Firoz Cachalia, as waarnemende minister van Polisie en die spesiale verlof van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, uit te daag. Die party beskryf die uitkoms as ‘n bespotting van geregtigheid […]
# Hoofregter Mandisa Maya het hulde gebring aan die waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga, wat vandag, ná 17 jaar aftree. Maya het tydens ‘n spesiale sitting in die Konstitusionele Hof Madlanga se intellektuele bekwaamheid, nederigheid en sy impak op die regslandskap in Suid-Afrika geprys. Sy beklemtoon Madlanga se toewyding aan transformasie en geregtigheid en beskryf hom […]
# ‘n Bietjie goeie nuus vir Suid-Afrikaners met skuld. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag. Dit beteken banke se prima-uitleenkoers verlaag môre tot 10,5-persent.