# Operasie Shanela, wat die naweek in Ga-Rankuwa, Tshwane, uitgevoer is, het tot die inhegtenisneming van 282 verdagtes gelei. Die misdade sluit in moord, gewapende roof, verkragting, aanranding en bedrog. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 23 ongedokumenteerde buitelanders is by ʼn padblokkade in hegtenis geneem. Hulle sal gedeporteer word sodra regsprosesse afgehandel is:
# Disney se aksiefliek Lilo and Stitch het tydens sy openingsnaweek die eerste plek op die lokket-trefferlys gehaal. Die fliek handel oor ‘n chaotiese ruimtewese wat in Hawaii neerstort en deur ‘n jong meisie en haar ouer suster aangeneem word. Mission: Impossible – The Final Reckoning, waarin Tom Cruise die spioen Ethan Hunt speel, het […]
# Die Stad Tshwane het klante wat deur die brand by die Zwartkop-substasie in Centurion geraak word, verseker hy bly verbind om dit binnekort ten volle te herstel. Tegniese spanne het meer as 90-persent van die herstelwerk afgehandel nadat ʼn brand wat deur vandalisme veroorsaak is, dit verlede week beskadig het. Die metro se woordvoerder, […]
# Die DA sê sy Privaatlede-wetsontwerp om die problematiese en verstikkende Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Grondbesetting te wysig, word in die Parlement deurgevoer. Die wetsontwerp word nou deur die Komitee vir Menslike Nedersettings oorweeg. Luyolo Mphithi van die DA sê die Grondbesettingswet het ongekende probleme vir grondeienaars veroorsaak en onwettige […]
# Die polisie in Limpopo het een van die provinsie se berugste verdagtes aangekeer. Die 31-jarige man, wat verbind word met ʼn reeks bomaanvalle op kitsbanke en gewapende rooftogte, is in Giyani se sentrale sakegebied aangekeer. Die polisiewoordvoerder Hlulani Mashaba sê die verdagte staar talle aanklagte in die gesig, wat roof met verswarende omstandighede en […]
# Die GOOD-party sê die DA het op ‘n skandelik wyse sy hande in onskuld gewas vir die versuim om in te gryp by die bendekultuur in die Wes-Kaap sodat die polisie dit onder beheer kan kry. Die sakemagnaat Johann Rupert het in die vergadering verlede week in die Withuis beweer die DA sukkel om […]
# Die DA sê hy is ontsteld oor die ongebreidelde besteding by staatsondernemings waar senior bestuurders steeds buitensporige salarisse ontvang ten spyte van swak prestasie en herhaalde reddingsboeie. Leah Potgieter van die party sê 13 regeringsdepartemente wat vir 117 ondernemings verantwoordelik is, bestee jaarliks meer as 400-miljoen-rand aan bestuurders se salarisse. Sy sê dis hoër […]