# Die GOOD-party sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, wil volgens hom regulasies gebruik om die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette en die nou gewysigde Suid-Afrikaanse Skolewet te ondermyn. Die minister het die eerste twee regulasies onder die BELA-wet vir openbare kommentaar gepubliseer. Dit hou verband met basiese kwessies soos skooltoelating. GOOD se sekretaris-generaal, […]
# Suid-Afrika se Grammy-bekroonde superster, Tyla, het twee benoemings ontvang vir die MTV Videomusiek-toekennings. Die 23-jarige sangeres se enkelsnit, Push 2 Start, is benoem in die kategorieë vir beste choreografie en beste Afrobeats. Die lied is meer as 100-miljoen keer op platforms gekyk en het wêreldwyd ‘n dans-gier aangewakker. Lady Gaga loop voor met 12 […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se diplomatieke en handelskrisis kan regstreeks toegeskryf word aan die ANC-regering se voortgesette sosialistiese beleid en mislukte buitelandse beleid. Dit volg nadat Amerika tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte gehef het. Jaco Mulder van die VF Plus sê die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, en president Cyril […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die polisie gevra om alles in hul vermoë te doen om die moordenaars van die Oos-Kaapse aanklaer, Tracy Brown, vas te trek. Die minister het gister die vermoorde aanklaer se gedenkdiens bygewoon. Brown, wat by die New Brighton-landdroshof in Gqeberha gewerk het, is verlede […]
# President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter ʼn beleid van nie-belyning […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig president Cyril Ramaphosa het telefonies met die Amerikaanse president Donald Trump gepraat. Die presidensie sê die presidente het ooreengekom tot verdere gesprekke, met erkenning aan die verskeie handelsonderhandelinge waarby die lande tans betrokke is. # Mail & Guardian op […]