# Rugby: Australië het die veteraan-losskakel James O’Connor herroep vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-openingswedstryd teen die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, op Ellispark. Die 35-jarige het drie jaar laas vir die Wallabies gespeel. Nog ‘n veteraan, Nic White, is die skrumskakel. Afrigter Joe Schmidt het die losvoorspeler Nick Champion de Crespigny op die bank ingesluit, wat bestaan uit […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, is diep bekommerd ná ‘n gewelddadige voorval by die Maponya Winkelsentrum in Soweto, waarin een persoon dood en verskeie ander beseer is. Kubayi het aanvalle op e-taxi-operateurs veroordeel en noem dit skendings van grondwetlike regte. Die minister bepleit gesonde mededinging in die vervoersektor en belowe […]
# Die DA verwelkom die SAPD se stap om twee Kaapse hondehanteerders en hul honde na Roodeplaat in Gauteng te stuur vir spesialis-narkotika-opleiding. Vier medies geskikte honde wat kursusgereed is, het nog nie opleiding ontvang nie. Daar is tans slegs een operasionele SAPD-narkotikahond in die provinsie. Die DA-lid, Nicholas Gotsell, sê dit ontbloot die SAPD […]
# Diere-welsynsorganisasies, insluitend Humane World for Animals South Africa en Stop Live Export SA, vra die publiek om nuwe regeringsregulasies teen te staan wat die uitvoer van lewendige diere vir slagdoeleindes toelaat. Hulle waarsku dat die gebruik geweldige lyding veroorsaak en meestal groot kommersiële boere bevoordeel eerder as kleinskaalse produsente. Michelle Taberer van Stop Live […]
# Die MK-party veroordeel die moord van ‘n e-taxi-bestuurder by Maponya-winkelsentrum in Soweto wat na bewering deur taxibestuurders gepleeg is. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela sê voortdurende teistering, intimidasie en gedwonge verwydering van passasiers uit e-taxis raak die sektor. Ndhlela sê sulke optrede is onregmatig, onregverdig en teen die waardes van Ubuntu. Hy bepleit […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi Raad in Gauteng het die geweld by Maponya-winkelsentrum waarin verskeie e-taxi bestuurders beseer en een dood is, ten sterkste veroordeel. SANTACO het die publiek gevra om ongegronde aantygings teen die taxibedryf te vermy. Hy sê sulke bewerings beskadig die bedryf se reputasie. Die raad het gevra vir repsek vir die […]
# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die visie vir die Suid-Afrikaanse motornywerheid is gesetel in gesamentlike welvaart. Hy het by die Nasionale Vereniging van Onderdele- en Verwante Vervaardigers se tentoonstelling in Gqeberha in die Oos-Kaap beklemtoon dat volhoubare ontwikkeling alle gemeenskappe moet bevoordeel. Mashatile het na die land se geskoolde werksmag en geskiedenis van innovering […]