# Die EFF sê die aankondiging van ʼn Nasionale Dialoog is ʼn betekenislose publisiteitsfoefie van president Cyril Ramaphosa. Die president sê die dialoog sal deur mense uit die samelewing gelei word om na te dink oor die land se toestand en die toekoms. Hy vra dat ʼn nasionale konvensie op 15 Augustus gehou word. Die […]
# Sokker: Bafana Bafana het Mosambiek gemaklik verslaan in ʼn internasionale vriendskaplike wedstryd op die Peter Mokaba-stadion in Limpopo. Sinoxolo Kwayiba en plaasvervanger Ashley Cupido se doele in die tweede helfte het die sege beklink. Suid-Afrika keer in September terug na mededingende internasionale deelname wanneer hulle teen Lesotho en Nigerië te staan kom in kwalifiseerwedstryde […]
# Die dodetal in die skietvoorval by ʼn Oostenrykse skool het tot elf gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. ʼn Gewapende man het gister op mense by ʼn sekondêre skool in die stad Graz losgebrand en tien mense op die toneel doodgeskiet. Die slagoffers sluit kinders tussen 14 en 18 jaar in. […]
# President Cyril Ramaphosa sê daar is breë ooreenstemming dat ʼn Nasionale Dialoog moet plaasvind in die lig van die land se probleme. Hy het ʼn groep van 32 lede aangestel om die Nasionale Dialoog-veldtog te lei en te bevorder. Dit sluit die OVK-voorsitter Brigalia Bam, voormalige regter in die Konstitusionele Hof, Edwin Cameron, Springbok-kaptein […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 11 Junie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Stats SA het sy metodes om indiensneming in Suid-Afrika se informele sektor te bepaal verdedig ná kritiek deur Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie. Hy sê die land se hoë werkloosheidsyfer word in ‘n mate opgeblaas omdat aktiwiteit in […]
# Rugby: Riley Norton lei ʼn sterk Junior Springbok Onder 20-groep by die Wêreldrugby-kampioenskap wat van 29 Junie tot 19 Julie in Italië plaasvind. Die groep sluit Phiwayinkosi Kubheka en Ian van der Merwe in wat nog nie voorheen vir die SA Onder 20’s gespeel het nie, terwyl Jaco Grobbelaar, Stephanus Linde en Jaco Williams […]