# City Power sê hulle het besluit om die herstel van kragtoevoer in sekere gebiede te staak. Dit is totdat hulle kan vasstel dat ten minste 80-persent van kliënte in ‘n spesifieke gebied wettiglik elektrisiteit koop. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hierdie besluit sal help om die wydverspreide onwettige verbindings en meter-peutery vas […]
# Die dodetal in Donderdag se ongeluk tussen ‘n polisievoertuig en ‘n vragmotor op die R-101 in Limpopo het tot nege gestyg. Die polisievoertuig was met elf gevangenes op pad na die hof toe dit met die vragmotor gebots het en ses gevangenes en een polisiebeampte dood is. Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê twee verdere gevangenes […]
# Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, sê dit word betreur dat, ten spyte van pogings om ‘n wettige internasionale bindende ooreenkoms oor plastiekbesoedeling aan te gaan, konsensus nie bereik is nie. Die afgelope twee weke het afgevaardigdes van 183 nasies aan die onderhandelinge in Genève, Switserland, deelgeneem. Die wêreld produseer jaarliks sowat 350-miljoen ton plastiekafval. Die […]
# Tennis: Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz, het ‘n heerlike halfeindstryd teen die wêreld se nommer drie, Alexander Zverev van Duitsland, in die Cincinnati Ope opgestel. Die Spanjaard het Rusland se Andrey Rublev geklop, terwyl Zverev die Amerikaner Ben Shelton verslaan het. In die vroue-afdeling het Elena Rybakina van Kazakstan die verdedigende kampioen, […]
# ActionSA verwelkom die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se ondersoek teen die minister van Sport-, Kuns- en Kultuur, Gayton McKenzie. Dit volg op sy vorige plasings op sosiale media, wat as rassisties en xenofobies beskou is. Alan Beesley van ActionSA sê McKenzie se opmerkings vorm prima facie-oortredings van die bepalings van die Wet op die Bevordering van […]
# Die DA vra dat die minister van toerisme, Patricia de Lille, dringend verantwoording aan die Parlement moet doen na die voorlopige skorsing van die uitvoerende hoof van SA Toerisme, Nombulelo Guliwe. Haar skorsing volg op ernstige bewerings van wangedrag. Die minister sê egter die SA Toerismeraad se besluit om Guliwe te skors is onwettig. […]
# Die VF Plus in Gauteng sê hulle is oorgehaal om bestendigheid in koalisies te bring as ‘n groter en sterker regeringsvennoot ná die plaaslike regeringsverkiesing in 2026. Gauteng word regeer deur ‘n regering van provinsiale eenheid, wat die ANC, IVP en RISE Mzansi insluit. Jaco Mulder van die VF Plus sê volhoubare en betekenisvolle […]