Skip to content

Landbou en natuurbewaring spoor landelike ekonomie in die Oos-Kaap aan

# Die Oos-Kaapse Volhoubaarheidsforum sê die provinsie speel steeds ‘n belangrike rol in die ondersteuning van landelike voortbestaan, bioverskeidenheids-bewaring en grondherstel te midde van Suid-Afrika se sukkelende ekonomie. Die forum se sameroeper, Cobus Meiring, sê die streek se sitrusbedryf verwag vanjaar ‘n rekord-oes, wat ‘n welkome hupstoot vir die provinsiale ekonomie sal bied. Hy sê terselfdertyd presteer die natuurlewe-ekonomie steeds goed. Meiring erken dat landbou én natuurlewe-gebaseerde ondernemings toenemende uitdagings ondervind ten opsigte van klimaatsverandering.