Skip to content

Ladysmith Black Mambazo sluit suksesvolle toer na Amerika af

# Die internasionaal-bekroonde groep en vyfmalige wenner van Grammy-toekennings, Ladysmith Black Mambazo sluit Saterdag hulle baie suksesvolle Amerikaanse toer af. Hulle gaan by die Trustees-teater in Savannah, Georgia, optree. Die groep wat 65 jaar in die musiekbedryf vier, toer sedert verlede jaar in Amerika. Hulle gaan ook volgende maand ‘n landwye toer onderneem en Suid-Afrikaanse gehore bekoor met ‘n skatkis van hulle tydlose klassieke liedjies soos Nomathemba en Homeless, asook nuwe liedjies.