Skip to content

Konstitusionele Hof vier 30ste bestaansjaar

# Die Konstitusionele Hof in Johannesburg, onder leiding van hoofregter Mandisa Maya, sal volgende Vrydag ‘n seremonie aanbied om 30 jaar te herdenk sedert wyle oudpresident Nelson Mandela dit in 1995 geopen het. Die geleentheid vier Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en die vordering daarvan sedert die aanbreek van die demokratiese bestel. President Cyril Ramaphosa en internasionale ampsdraers soos verteenwoordigers van regsinstellings word verwag by die geleentheid wat die hof se rol in die handhawing van die Grondwet beklemtoon.