# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika benodig ‘n regulatoriese raamwerk wat die omgewing en gemeenskappe se regte beskerm, terwyl dit beleggers voldoende sekerheid bied om verantwoordelike olie- en gas-verkenning te onderneem. Die Konstitusionele Hof het Shell en Impact Africa se verkennings-bedrywighede langs die Wildekus verbied. Die komitee is bekommerd oor die wyer gevolge van langdurige regsonsekerheid en herhaalde vertragings vir belegging, verkenning en ekonomiese ontwikkeling in die aflandige petroleumsektor.
Komitee sê omgewingsoorwegings alleen moet nie SA se verkennings- en werkskeppings-ambisies stopsit nie