Skip to content

Kgalema Motlanthe onder individue wat eredoktorsgraad by UJ ontvang

# Die Universiteit van Johannesburg gaan tydens sy gradeplegtigheid agt mense met eredoktorsgrade vereer om sy 20ste herdenking te vier. Hulle sluit in oudpresident Kgalema Motlanthe, die hoog-aangeskrewe Afrikaanse digter, skrywer, joernalis en akademikus Antjie Krog, en die wêreldbekende wetenskaplike in organiese elektronika, professor Huang Wei. Die universiteit sê die eredoktorsgrade gee erkenning aan mense wie se werk ‘n groot bydrae gelewer het tot kennis, die openbare lewe en maatskaplike vordering.