# Kanovaart: Die 18-jarige eerstejaarstudent aan die Universiteit van Kaapstad, Jordan Klopper, maak gereed om deel te neem aan die Internasionale Kanovaartfederasie se Junior en Onder-23-kanovaartkampioenskap in Portugal. Dit die sesde keer dat die BCom-student Suid-Afrika verteenwoordig. Hy sal meeding in die 200- en 500-meter enkel-K1-items. Klopper sê dit sal ʼn uitdaging wees om in ʼn nuwe ouderdomskategorie deel te neem, maar sê hy het niks om te verloor nie, maar alles om te wen.