Skip to content

Kanovaart: 85-jarige probeer om 52ste Bergrivier-marathon te voltooi

# Kanovaart: Jannie Malherbe van George hoop om die vier skofte tussen die Paarl en Velddrif van vandag tot Saterdag te oorwin om ‘n rekord-52ste Bergrivier-marathon te voltooi op 85-jarige ouderdom. Dit sal ‘n bittersoet prestasie wees, want sy goeie vriend Giel van Deventer, wat die huidige rekord van 51 saam met hom hou, is in 2022 tydens die Breërivier-marathon dood. Malherbe sê hy en Van Deventer het jare lank saam geroei, en hy het sy eerste kano aan hom verkoop.