Skip to content

Kaapstadse Internasionale Lughawe waarsku oor vlugvertragings te midde van gure weer

# Die Kaapstadse Internasionale Lughawe sê ongunstige weersomstandighede in Kaapstad en George ontwrig vlugbedrywighede. Die lughawens bly oop en operasioneel ondanks die gure weer in dele van die Wes-Kaap. Lughawe-owerhede hou die verwikkelinge noukeurig dop, terwyl vlugte, waar nodig, na ander lughawens herlei word. Passasiers is gewaarsku dat vlugte vertraag, herlei of gekanselleer kan word.