Skip to content

Kaapstad verwelkom nuwe digitale-visums om rolprent- en gebeurtenissektor ‘n hupstoot te gee

# Die Stad Kaapstad het die bekendstelling verwelkom van twee nuwe digitale visum-stelsels by die Department van Binnelandse Sake, wat die rolprent- en gebeurtenissektor ’n hupstoot kan gee. Die Stages-visum sal toegang tot die land vergemaklik vir internasionale rolprentmakers terwyl die Meets-visum toegang vir besoekers aan wêreldgeleentheid makliker maak. Ses-en-dertig belangrike aanbiedings word gedurende die 2024/25-boekjaar in Kaapstad verwag. Die visums behoort beleggings, toerisme en werkskepping te bevorder wat die Moederstad se posisie as ‘n wêreldwye rolprent- en gebeurtenissentrum sal versterk.