# Drie-en-tagtig plesierbote het in die 2024/25-seisoen in Kaapstad vasgemeer. Elf skepe het die Moederstad die eerste keer besoek en die aantal passasiers en bemanningslede het met 16-persent toegeneem. Die seisoen het 1,32-miljard-rand tot die plaaslike ekonomie bygedra en twee-duisend werksgeleenthede ondersteun. Cruise Cape Town het in Maart 22 skepe aangemeld, wat die meeste besoeke in ʼn enkele maand was. Ander hoogtepunte sluit in die eerste besoek van die Queen Anne van Cunard aan Suid-Afrika in April. Amptenare sê die plesierbootsektor is belangrik vir Kaapstad se toerisme- en werkskeppingsdoelwit.
Kaapstad se plesierbootseisoen verbeter rekord met inspuiting van R1,3-miljard