# Motoriste in Kaapstad is aangemoedig om van alternatiewe roetes gebruik te maak weens swaarder verkeer terwyl verskeie passassierskepe in die Waterkant vasmeer. Die MSC Musica en Norwegian Dawn kom vandag in die Moederstad aan met meer as vyf-duisend passasiers en twee-duisend bemanningslede, wat swaar verkeer op Nelson Mandela-boulevard, FW de Klerk-boulevard en Buitengracht veroorsaak. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, versoek dat passasiers gespesifiseerde ingange moet gebruik om verkeer te vergemaklik:
Kaapstad ondervind verkeersopeenhopings weens passassierskepe wat in hawe vasmeer [KLANK]
AFR SmithOnCongestion