# Kaapstad is negende geplaas in Time Out se wêreldwye opname van stede met die beste toegang tot die natuur en groen ruimtes. Die metro is saam met Abu Dhabi, bekend vir sy 200 parke en strande, en Chicago wat met meer as 600 parke spog en bekend is vir sy toewyding aan groen stedelike ruimtes. Die opname, gegrond op meer as 18-duisend-500 stemme, beklemtoon Kaapstad se stadslewe en buitelug-skoonheid. Inwoners en besoekers sê hulle geniet plekke soos die Kompanjiestuine en Tafelberg.
Kaapstad is negende onder wêreld se beste groen ruimtes