# Die Johannesburgse Stadsparke en Dieretuin nooi gesinne uit vir ‘n reünie op Saterdag die 22ste. Die toegangsfooi sal slegs 22-rand per persoon wees as deel van sy spesiale aanbod van “22-rand op die 22ste” wat die dieretuin se 122ste verjaarsdag herdenk. Dis in 1904 geopen. Stadsparke sê die afslagtarief maak ‘n gesinsuitstappie bekostigbaar en moedig oupa’s en ouma’s, kinders, stokvelle en gemeenskapsgroepe uit om die dieretuin te besoek. Besoekers word gemaan om die park skoon te hou.
Johannesburgse Dieretuin nooi gesinne uit vir R22 per persoon op 22 Augustus om 122ste verjaardag te vier