# Die Suid-Afrikaanse komediante, Jason en Nicholas Goliath, keer terug met ʼn splinternuwe weergawe van The Happiness Economy-komedietoer. Die vertoning sluit steeds komiese selfbesinning in, maar die 2025-weergawe bevat ook nuwe stories, en onthullings uit die twee se persoonlike lewens en landwye optredes. Jason sê die vertoning is interaktief, persoonlik en heeltemal anders as wat hulle voorheen gedoen het. Die tweetal is van 18 Junie tot 6 Julie in die Pieter Toerien-teater by Montecasino in Johannesburg.
Jason en Nicholas Goliath keer terug met splinternuwe The Happiness Economy-komedietoer