# Die Internasonale Finansiële Korporasie sê die vordering met kragopwekking in Afrika is bemoedigend. Altesaam 26-gigawatt hernubare energie is die afgelope tien jaar op die vasteland bygevoeg. Die korporasie steun Suid-Afrika se hervormings om die energiesektor vir meer beleggings oop te stel. Die liggaam se streeksnywerheids-direkteur, Sarvesh Suri, sê hulle werk saam met die Nasionale Tesourie, die Departement Elektrisiteit- en Energie en die Nasionale Transmissiemaatskappy om die land se eerste onafhanklike transmissieprojek van stapel te stuur, met verkryging wat vir volgende jaar beplan word.
Internasionale Finansiële Korporasie steun die oopstel van SA se energiesektor vir meer beleggings