Skip to content

Olimpiese Spele: Inheemse groep begin regsgeding om Olimpiese stadion in Brisbane te stop

# Olimpiese Spele: ‘n Australiese inheemse groep het met regstappe begin teen die oprigting van ‘n stadion met 63-duisend sitplekke vir 2032 se Spele in Brisbane. Die Yagara Magandjin Aboriginal Corporation het die federale minister van Omgewingsake versoek om die park tot kultureel-belangrike gebied te verklaar en teen ontwikkeling te beskerm. Die groep sê die park is die tuiste van oer-oue bome, geskiedkundige kuns, baie belangrike ekostelsels en moontlik voorvaderlike oorskot. Die stadion is veronderstel om die opening- en sluitingseremonie van 2032 se Olimpiese en Paralimpiese Spele aan te bied.