Skip to content

Hotel Verde tweede jaar aangewys as Afrika se voorste Groen Hotel

# Hotel Verde in Kaapstad het vir die tweede agtereenvolgende jaar die titel van Afrika se voorste Groen Hotel ingepalm, wat sy rol in volhoubare toerisme verstewig. Die hotel word geprys vir sy zero-afvalbeleid, hernubare energiegebruik en omgewingsbewuste aansporings vir gaste. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die hotel is die voorloper in groen gasvryheid en bewys luuksheid en volhoubaarheid kan saam bestaan. Hy het bevestig ‘n nuwe toerisme-ontwikkelingsraamwerk sal verdere groei in die stad se ekotoerisme aandryf.