Skip to content

Suid-Afrika bied in 2026 eerste Internasionale Ruimtespitsberaad Afrika aan

# Suid-Afrika gaan van 2 tot 4 Junie volgende jaar die eerste Internasionale Ruimtespitsberaad Afrika aanbied in die WNNR se Internasionale Konvensiesentrum in Pretoria. Dit sal bygewoon word deur ruimte-voorlopers van Afrika, nuwe ondernemings en wêreldwye bedryfsleiers. Die organiseerders verwag 500 afgevaardigdes en drie-duisend geteikende sakevergaderings. Die besturende direkteur, Beulah Mosupye, sê die geleentheid het ten doel om Afrika se groeiende ruimte-ekonomie te ontsluit wat reeds 350-miljard-rand werd is en na verwagting teen volgende jaar 400-miljard-rand sal oorskry.