Skip to content

Telkom beloof R100-miljoen om Telkom KI-instituut te vestig

# Telkom het 100-miljoen-rand beloof om ‘n kunsmatige intelligensie-instituut te vestig en Suid-Afrikaners toe te rus met noodsaaklike vaardighede. Die projek is by ‘n geleentheid van die Verenigde Nasies in Genève, Switserland, aangekondig. Dit brei Telkom rol uit na die ontwikkeling van vaardighede wat jongmense voorberei vir die arbeidsmark. Die program beoog om meer as vyf-duisend studente op te lei in geakkrediteerde, arbeidsmarkgerigte rolle in mynbou, landbou, vervoer en onderwys. Telkom se uitvoerende groepshoof, Serame Taukobong, beklemtoon verbinding sonder vermoë is onvoldoende en die fokus is op digitale insluiting.