# Wildlife Ranching South Africa het die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, beskuldig dat hy nie jaarlikse jagkwotas vir olifante, swartrenosters en luiperds vasgestel het nie. George het onlangs aangekondig hy sal kwotas terughou hangende ‘n hofuitspraak. Die organisasie voer aan die minister gebruik die saak as ‘n verskoning om nie op te tree nie. Wildboere sê die vertraging het Suid-Afrika miljarde-rand in verlore inkomste gekos en het die hoëwaarde-jagbedryf en gemeenskappe wat afhanklik is daarvan, lamgelê.
Wildlife Ranching SA beskuldig minister George dat hy nie trofeejagkwotas vasgestel het nie