# CapeNature se HeliHack-span het verlede maand meer as 15-duisend indringerdennebome van die steil hellings van die Boosmansbos-wildernisgebied verwyder. Die reusebewaringspoging het drie dae geduur, een-duisend-en-80 hektaar grond herstel en watersekerheid vir ongeveer 15-duisend inwoners in die Suid-Kaap verbeter. Die projek het ook gelei tot die herontdekking van die Boosmansbos-langstertbosspitsmuis, wat 46 jaar lank nie gesien was nie. Die uitvoerende hoof van CapeNature, Ashley Naidoo, het die inisiatief as ‘n voorbeeld van samewerkende bewaring geloof.
HeliHack-helde verwyder 15 000 indringerdennebome in Boosmansbos