Skip to content

Gebedsbyeenkoms om instorting van gebou in George te herdenk is uitgestel oor swaar weer

# ‘n Gebedsbyeenkoms ter herdenking van die instorting van ‘n gebou in George in die Wes-Kaap is onbepaald uitgestel. Eerwaarde Pete Veysie van die Metodistekerk sou môre die geleentheid aanbied, maar dit is afgestel omdat ‘n vlak 8-storm na verwagting die Tuinroete van vandag tot Donderdag sal tref. Vier-en-dertig mense is dood en talle beseer toe die bouterrein op 6 Mei 2024 ingestort het.