# Suid-Afrika se laekoste-lugredery, FlySafair, het ʼn nuwe, regstreekse roete tussen Kaapstad en Hoedspruit in Limpopo aangekondig wat toegang tot die Krugerwildtuin makliker maak. Die dorp word deur privaat wildreservate omring. Die nuwe roete wat op 2 Oktober begin, sal drie keer per week vlugte bied. Eenrigtingvlugte sal sowat een-duisend-570-rand kos. FlySafair se bemarkingshoof, Kirby Gordon, sê hulle is trots om reisigers ʼn meer bekostigbare en gerieflike manier te bied om die skilderagtige streek te bereik.
FlySafair se nuwe roete van Kaapstad na Hoedspruit bied toegang tot gewilde natuurstreke