# ‘n Voedselverwerkingsfabriek in Ashton in die Wes-Kaap het ‘n nuwe era betree onder Langeberg Foods en begin vandag amptelik met sy werksaamhede. Die nuwe eienaarskap, wat oorneem by Tiger Brands, sluit in Norfund, die Ashton Fruit Producers Co-Operative en die Langeberg-gemeenskapstrust. Dit beoog om werksgeleenthede te verseker, plaaslike boere te ondersteun en gemeenskapsontwikkeling te bevorder. Die voorsitter, Anthony Dicey, sê die fabriek is ‘n belangrike werkgewer vir meer as drie-duisend werkers en ‘n groot uitvoerder, en sal voortgaan om ekonomiese groei in die Breëriviervallei aan te vuur.
Fabriek in Ashton begin nuwe era onder eienaarskap van Langeberg Foods