Skip to content

Eskom onthul eerste vloot van 20 elektriese voertuie om groen toekoms aan te dryf [KLANK]

# Eskom het sy eerste vloot van 20 elektriese voertuie bekendgestel as deel van sy oorgang na skoner energie. Die voertuie, wat wissel van afleweringsvoertuie tot ligte vragmotors, sal hoofsaaklik in die verspreidings- en opwekkingsafdelings gebruik word om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is die begin van ‘n langtermynplan om die vloot teen 2035 ten volle elektries te maak, met 55 openbare laaistasies wat binne die volgende twee jaar bygevoeg sal word:

ENG MokwenaOnElectricVehicles