# ’n Dieretuin in Engeland het die geboorte van ’n tweeling van kritiek bedreigde katoenkop-tamaryn-apies verwelkom. Die babas, wat op 3 April gebore is, is die derde stel nakomelinge vir ouers Gurt en Mico in die Marwell-dieretuin naby Winchester in Hampshire. Die spesie word kritiek bedreig, hoofsaaklik weens ontbossing, habitatvernietiging en onwettige troeteldierhandel in Colombië. Pasgebore kleintjies is ongeveer tien sentimeter lank van kop tot stert. Slegs omtrent twee-duisend van die volwasse diertjies bly nog oor in die natuur, beperk tot dele van noordwes-Colombië.
Engelse dieretuin vier geboorte van bedreigde tamaryne