Skip to content

Eerste groep tieners wat in Europa gestrand was keer terug na Kaapstad

# Die eerste groep Kaapstadse tieners wat in Spanje gestrand was waar hulle aan die gesogte Donostibeker-sokkertoernooi deelgeneem het, sal vanmiddag terugkeer na Suid-Afrika. Die spelers van die BT-sokkerakademie het suksesvol aan die kompetisie deelgeneem, maar vlugte huis toe kon nie uit die pakketprys betaal word nie. Geld vir hul vliegkaartjies is ingesamel deur skenkings van die Wes-Kaapse regering en lede van die publiek. Die gestrande groep wat nou uit Portugal sal vlieg, sluit 25 kinders tussen 13 en 18 jaar oud in en drie afrigters.