# Die Ebb-and-Flow-ruskamp in die Wildernis-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park is aangewys as die beste naweekwegbreek op die Best of George Readers’ Choice-toekennings in die Wes-Kaap. Die toekenning, wat deur openbare benoeming en stemming beslis word, erken uitstekende plaaaslike ondernemings. Die kamp, bekend vir sy bospaadjies, panoramiese uitsigte en uiteenlopende verblyfkeuses, is verlede jaar aangewys as beste presterende kamp op SANParke se Koedoe-toekennings.
Ebb-and-Flow-ruskamp geloof as voorste wegbreekplek op die Tuinroete