# Die eThekwini-munisipaliteit het die land se eerste Wêreld-handelsentrum in die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum opgerig. Dit maak Durban die eerste Suid-Afrikaanse stad om by die toonaangewende Wêreld-handelsentrumvereniging aan te sluit. Durban is nou deel van ʼn wêreldwye netwerk van meer as 300 wêreld-handelsentrums in byna 100 lande en sluit stede soos New York, Tokio, Amsterdam en Nairobi in. eThekwini se woordvoerder, Thembo Ntuli, sê die lisensie gee Durban toegang tot ʼn internasionale ekostelsel van meer as ʼn miljoen geaffilieerde maatskappye:
Durban is eerste Suid-Afrikaanse stad om by Wêreld-handelsentrumvereniging aan te sluit [KLANK]
ENG ThemboonTradeCentre