# Dit is vandag Wêreld-sjokoladedag en die regte dag om te smul aan die ryk, romerige bederf. Sjokolade se geskiedenis gaan meer as vyf-duisend-300 jaar terug toe die Mayo-Chinchipe-kultuur die eerste keer kakaobone in Ecuador begin gebruik het. Talle van die mees geliefde sjokoladestafies soos Cadbury se Flake, Milky Way, KitKat, Aero en Smarties is in die goue era van sjokolade-vindingrykheid in die 1920’s en ’30’s bekendgestel. Dis interessant om te weet dit neem tussen twee en vier dae om een sjokoladestafie te maak.
Dis vandag Wêreld-sjokoladedag