# Dis vandag Internasionale Piekniekdag en die ideale dag om ʼn piekniekmandjie te pak en saam met familie of vriende in die buitelug te eet. Alhoewel daar geen rekord is oor die oorsprong van die dag nie, het dit vermoedelik teen die einde van die Franse Rewolusie en die Victoriaanse tydperk ontstaan. Volgens die Guinness Book of World Records, is die wêreld se grootste piekniek op 20 Junie 2009 in Lissabon, Portugal, gehou. Meer as 22-duisend mense het die piekniek bygewoon wat Realizar Impact Marketing and Modelo gereël het.
Dis vandag Internasionale Piekniekdag, ’n dag om in die natuur deur te bring