Skip to content

Dis vandag 24 jaar sedert die Ellispark-tragedie

# Dis vandag 24 jaar sedert die Ellispark-tragedie in Johannesburg tydens die Soweto-sokkerderby tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs. Drie-en-veertig toeskouers is dood en 117 beseer toe ‘n oorvol stadion tot ‘n dodelike stormloop gelei het. ‘n Kommissie onder leiding van regter Bernard Ngoepe het bevind swak skarebeheer, korrupsie en die verwaarlosing van die plaaslike en die wêreldbeheerliggaam, SAFA en FIFA, se veiligheidsregulasies het tot die ramp bygedra.