# Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, in vennootskap met die toonaangewende e-handelsonderneming, die Take-a-lot-groep, wil 500 studente inkomstegeleenthede aanbied terwyl hul nog studeer. Die program bied studente drie buigsame maniere om ‘n inkomste te skep en daarmee ‘n pad na entrepreneurskap. Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Mimmy Gondwe, sê hulle omskep die ooreenkoms van verstandhouding in werklike ekonomiese deelname vir studente om hul tasbare werkservaring, inkomste en entrepreneurskapsvaardighede te bied.
Departement van Hoër Onderwys en Takealot vat hande om inkomstegeleenthede vir studente te skep