# Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal, Demi-Leigh Tebow, en haar man, die Amerikaanse voetbalster Tim Tebow, het hul eersteling verwelkom, ‘n babadogter, Daphne Reign. Demi-Leigh sê die naam is ter ere van ‘n geliefde familiematriarg en weerspieël haar Christelike geloof. Sy verduidelik die naam Daphne is geïnspireer deur haar tante en Reign is ‘n geestelike simbool. Die paartjie sê hul dogter is gebedsverhoring en geskep om met ‘n doel, in liefde en identiteit te heers.
Demi-Leigh en Tim Tebow verwelkom babadogter, Daphne Reign