Skip to content

Chinese BAIC gaan vroeg volgende jaar B30-nutsvoertuie in Suid-Afrika begin monteer

# Die toonaangewende Chinese motorvervaardiger BAIC kan reeds in Januarie sy nuwe B30-veldren-nutsvoertuig begin monteer in sy fabriek in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die finansiële hoof, Anele Geza, het aan Reuters gesê die model met ‘n brandstofenjin asook hibriede modelle sal met behulp van ‘n afgeskaalde produksieproses aanmekaargesit word. Dit gebruik baie klein onderdele om voertuie te monteer, met verhoogde plaaslike inhoud. Multinasionale motorvervaardigers, insluitend Toyota en Ford, het gepleit vir verhoogde plaaslike produksie deur nuwelinge ten einde die plaaslike motorbedryf te beveilig en plaaslike inhoud te verhoog.