# Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê die party se manifes vir die plaaslike verkiesing fokus op praktiese oplossings vir uitdagings waarmee gemeenskappe daagliks worstel. Magashule het in Welkom in die Vrystaat, die party se fokus op werkloosheid, basiese dienslewering en onderwys uitgelig. Hy sê die party sal gemeenskappe raadpleeg […]
# ‘n Nuwe politieke beweging, die Born to Win-party, sal in die Polokwane-munisipaliteit deelneem aan November se plaaslike verkiesing. Die party se president en voormalige ANC Parlementslid, Boy Mamabolo, sê die beweging sal sy aandag op korrupsie en dienslewering vestig, veral in Limpopo. Mamabolo sê die helfte van die mense wat deur die party gewerf […]
# Die Parlement werk aan regulasies wat hom inspraak kan gee as die Nasionale Tesourie munisipaliteite se fondse terughou. Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê dit volg nadat die Tesourie billike-aandeeltoekennings van 69 munisipaliteite teruggehou het weens beweerde finansiële wanbestuur en die nie-nakoming van die Wet op […]
# Die IVP het die 30-dae-aftelling tot die 2026 plaaslike regeringsverkiesing afgeskop met veldtogbyeenkomste in Durban en Volksrust in KwaZulu-Natal. Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, het ook die party se eThekwini-verkiesingsmanifes bekend gestel. Die adjunkpresident, Inkosi Mzamo Buthelezi, en adjunk-nasionale voorsitter, Thembeni kaMadlopha Mthethwa, lei ‘n byeenkoms in Mpumalanga. Dit volg terwyl Suid-Afrikaners die dae aftel […]
# Die polisiekommissaris van Limpopo, Jan Scheepers, sê die polisie moet sy pogings verskerp om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp. Scheepers het tydens die bevordering van 167 provinsiale polisiebeamptes aan die SABC beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om vroue en kinders teen geweld te beskerm. Sy uitlatings volg te midde van voortdurende regeringspogings om die […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê Eskom behoort genoeg inkomste te genereer om sy bedrywighede in stand te hou, eerder as om wins te maak. Tydens die party se provinsiale manifesgeleentheid in Motherwell, Gqeberha in die Oos-Kaap, het Malema aangevoer elektrisiteit is ‘n basiese reg en behoort meer bekostigbaar te wees. Hy het kritiek uitgespreek […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika bly verbind tot die stigtingsvisie van die Ontwikkelingsagentskap van die Afrika-Unie en die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling om ‘n voorspoedige en selfstandige Afrika te bou. Lamola het tydens die AUDA-NEPAD-stigtersberaad in Egipte gesê vrede, veiligheid en menslike ontwikkeling bly kernprioriteite. Hy […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het een-duisend-965 beamptes bevorder tot hoër range. Die SAPD sê dit is die eerste bevorderings van sowat drie-duisend wat in die huidige boekjaar beplan word, met ‘n tweede groep wat na verwagting teen 1 November aangekondig sal word. Beamptes wat bevorder is sluit in, 201 kolonels, 622 luitenant-kolonels, 899 kapteins en […]
# Die Labour-party het ‘n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing sy belangrikste verkiesingsbeloftes uiteengesit tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms in Mzinti, Nkomazi, in Mpumalanga. Waarnemende sekretaris-generaal, Gift Antonio, sê die party wil betroubare basiese dienste soos water, sanitasie, elektrisiteit en vullisverwydering herstel en werksgeleenthede skep. Hy sê die party stel veiliger woonbuurte voor deur straatligte in ‘n […]