# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vanmiddag ‘n geel vlak-twee-waarskuwing uitgereik vir strawwe donderstorms in dele van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. Die storms kan met swaar reënbuie, kitsvloede, ligte hael, hewige weerlig en sterk, rukwinde gepaard gaan. Hierdie toestande kan skade aan eiendom en infrastruktuur, oorstromings op paaie en in laagliggende gebiede meebring, en kan ook […]
# ‘n Dokumentêre program oor kinders wat in Philipstown in die Noord-Kaap met handgemaakte draadkarre resies jaag, is vir ‘n Emmy benoem. Die Philipstown WireCar Grand Prix volg kinders wat motors uit afvalmateriaal bou en daarmee oor ‘n afstand van drie kilometer resies jaag. Die rolprent is een van vier benoemings in die kategorie vir […]
# Suid-Afrikaanse motoriste kan volgende maand onderwerp word aan verdere brandstofprysstygings, hoewel die jongste ramings laer is as wat aanvanklik gevrees is. Vroeë skattings het daarop gedui dat die prys van petrol met meer as vier-rand per liter kon styg. Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds dui egter op stygings van ongeveer een-rand-80-sent per […]
# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA het die betaaldatums vir maatskaplike toelaes vir volgende maand gewysig in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. Pensioentrekkers se toelaes word op 30 Oktober betaal, toelaes vir gestremdes op 2 November en kindertoelaes die derde. Betalings vir toelaes wat onder hersiening is, sal op 5 November plaasvind. Andile Tshona van […]
# Sakeliga het sy regsuitdaging teen die Wet op Eiendomspraktisyns na die Konstitusionele Hof geneem, in ‘n poging om dele van die wet se lisensievereistes te herroep. Dit volg na ’n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat die vereiste vir eiendomspraktisyns om swart ekonomiese bemagtigingsertifikate te verskaf ongeldig verklaar het. Anton Meijer van Sakeliga wil […]
# Die bekende Suid-Afrikaanse musikant, David Kramer, het aangekondig sy vrou, Renaye is onverwags dood. Die egpaar was sedert hul skooldae in die 1960’s in Worcester in die Wes-Kaap saam en het twee dogters, Jesse en Amy. Die 75-jarige Kramer skryf op sosiale media Renaye se dood het hom verpletter, maar nie die oorsaak van […]
# Die vakbondfederasie COSATU het Mike Shingange as sy nuwe president verkies. Die federasie se uittredende president, Zingiswa Losi, is die nuwe hoofsekretaris verkies. Meer as een-duisend-800 afgevaardigdes het tydens die federasie se 15de nasionale kongres in Kempton Park gestem. Shingange het vir Mabutho Cele verslaan, terwyl Losi die uittredende hoofsekretaris, Solly Phetoe, geklop het. […]
# Die hoofsekretaris van COSATU, Solly Phetoe, waarsku die vermindering in werkersaktivisme plaas toenemende finansiële druk op die federasie en bedreig die volhoubaarheid van vakbonde. Phetoe het met die aanbieding van die organisasieverslag by COSATU se 15de Nasionale Kongres in Kempton Park gesê die druk verswak vakbonde se vermoë om werkers en kollektiewe bedinging te […]
# Die Verkiesingskommissie sê voorbereidings vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November vorder goed, met meer as 66-persent van die 79-miljoen stembriewe wat reeds gedruk is. Sy Mamabolo het aan die media gesê al 23-duisend-696 stemlokale is opgestel, terwyl die werwing en opleiding van verkiesingsbeamptes aan die gang is. Mamabolo het bygevoeg die kommissie het […]