# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand vra inwoners om nie moontlike tekens van hartsiekte te ignoreer nie. Hartsiektes raak alle ouderdomsgroepe al word simptome, soos ongemak in die bors, kortasemheid, ongewone moegheid, duiseligheid en hartkloppings, soms verkeerdelik aan stres of oud-word toegeskryf. Dr. Ashley Chin, ‘n kardioloog by Groote Schuur-hospitaal, moedig die publiek […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie in KwaZulu-Natal verwelkom die Onderwysdepartement se aankondiging van 90-duisend-en-57 onderwysersposte in die provinsie wat toegeken en befonds is. Nomarashiya Caluza van SADOU sê om poste te sny sou rampspoedig wees en die besluit dui op die wegbeweeg van besparingsmaatreëls soos begrotingsbesnoeiings en die bevriesing van vakante poste. Caluza is egter […]
# Die Centre for Development and Enterprise sê Johannesburg se City Power het te kampe met infrastruktuur wat agteruitgaan, swak finansies en leemtes in leierskap. Die uitvoerende direkteur, Ann Bernstein, sê die nutsmaatskappy benodig bekwame bestuur, groter beheer oor inkomste, verbeterde skuldinvordering en ondersteuning van die privaat sektor. Bernstein sê City Power het tussen Julie […]
# Die Instituut vir die Future of Work bied sy vyfde jaarlikse Future of Work-dialoog wat na die toekoms van die digitale ekonomie kyk, in Pretoria aan. Senior direkteur Tseliso Mohlomi sê die inisiatief deur die Tshwane Universiteit van Tegnologie wil gegradueerdes se geskiktheid vir werk verbeter. Hy het aan die SABC die implementering van […]
# Build One South Africa sê inwoners van Kaapstad moet beskerm word voor nog ‘n massaskietvoorval plaasvind. Dit volg na die dood van 16 mense in drie afsonderlike skietvoorvalle oor die naweek in Lwandle, Khayelitsha en Joe Slovopark. Roger Solomons van BOSA doen ‘n beroep op sterker sigbare polisiëring en meer hulpbronne vir die polisie, […]
# Die 2026 Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes se Internasionale Wetenskapskou is tans in Boksburg aan die gang. Meer as 300 Suid-Afrikaanse leerders en 24 internasionale deelnemers uit 11 lande bied oplossings aan vir werklike uitdagings met robotika, ingenieurswese en datawetenskap. Leerders kan universiteitsbeurse wen en deelneem aan internasionale wetenskaptentoonstellings. Eskom se Expo-direkteur, Parthy Chetty, het […]
# Build One South Africa says Cape Town residents must be protected before another mass shooting occurs. This follows the deaths of 16 people in three separate shootings in Lwandle, Khayelitsha and Joe Slovo Park over the weekend. BOSA’s Roger Solomons calls for stronger visible policing and more resources for police, including action against illegal […]
# Die Weskus spog weer met sewe luiperds na ‘n afwesigheid van 170 jaar, met die eerste bevestigde waarneming wat verlede jaar op kamera in die Weskus Nasionale Park vasgevang is. Die Landmark-stigting is ‘n nie-regeringsbewaringsorganisasie wat die konflik tussen mense en wilde diere bestuur. Hoofbestuurder Bool Smuts sê luiperds in die 1800’s gejag, maar […]
# The Institute for the Future of Work is hosting its fifth annual Future of Work Dialogue in Pretoria, looking into the future of the digital economy. Senior director Tseliso Mohlomi says the initiative by Tshwane University of Technology aims to improve graduate employability. He emphasised to the SABC on implementing strategies, redesigning curricula and […]