# Die DA in die Wes-Kaap sê polisie-besluite verlede week deur die minister en lede van die uitvoerende raad beteken niks sonder werklike implementering nie. Dit volg terwyl Kaapstad gebuk gaan onder verdere bloedvergieting. Vyf mense is gister in Gugulethu doodgeskiet, dae nadat drie mans in ‘n skietery in Khayelitsha dood is. Benedicta van Minnen […]
# ‘n Voormalige Lid van die Gautengse Wetgewer, Ayanda Allie, sê haar uitsetting volg nadat sy partyheffings teruggehou het om kiesafdelingswerk te befonds, nadat BOSA versuim het om hulpbronne vir haar wetgewende pligte te verskaf. Allie sê sy het haar eie salaris gebruik om gemeenskapsprojekte te ondersteun en erken sy het die heffings tydens dissiplinêre […]
# Die DA sê die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal het geen noodsaaklike dialise-medisyne nie omdat die Gautengse Gesondheidsdepartement versuim het om verskaffers te betaal. Die party beweer die hospitaal is gedwing om ‘n noodnatriumbikarbonaat-oplossing by die Helen Joseph-hospitaal te leen, terwyl noodsaaklike dialise-filters na bewering vir ses weke nie voorsien is nie. Madeleine Hicklin […]
# Die Stad Kaapstad het ‘n ondersoek begin nadat ‘n MyCiTi-bus gister by die Killarney-stasie aan die brand geslaan het en vernietig is. Geen beserings is aangemeld nie, maar die stasie is erg beskadig en sal tot verdere kennisgewing gesluit bly. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die ondersoek sal bepaal of die […]
# AfriForum sê Gauteng kan volgende jaar weerens ‘n skoolplasingskrisis vir graad een- en graad agtleerders beleef, omdat die aanlyn toelatingstelsel te laat oopmaak. Die organisasie sê meer as 400-duisend leerders sal binne ‘n kort tydperk geplaas moet word. Carien Bloem van AfriForum sê die laat opening van die aanlynstelsel en toenemende druk op skoolkapasiteit […]
# Die Industriële Ontwikkelingskorporasie het die SAOG Industrialiseringsweek in KwaZulu-Natal versoek om veerkragtige waardekettings te bou. Die waarnemende Afdelingsbestuurder vir Strategie en Korporatiewe Sake, Phiwe Marumo, sê die fokus op die bevordering van streeksindustrialisering deur infrastruktuurontwikkeling, landbou en die transformasie van kritieke mineraalbronne is belangrik. Sy het tydens die konferensie ‘n beroep gedoen op sterker […]
# ‘n Man wat aangekla word van poging tot moord op die MK-party se distriksekretaris in Ilembe, Zanele Mbhamali en haar man, het vandag in die Distrikshof in Ndwedwe, KwaZulu-Natal verskyn. Die saak is tot 3 Augustus uitgestel om die beskuldigde toe te laat om regsverteenwoordiging te bekom. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ondersoeke het […]
# Thulasizwe Buthelezi van KwaZulu-Natal Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het haar meegevoel betuig na ‘n dodelike brand by die Coal Yard informele nedersetting in Msunduzi. Een persoon is dood nadat hy gister ernstige beserings in die brand opgedoen het. Nagenoeg 22 huishoudings en 66 inwoners is geraak. Sandile Ngema van die Departement sê provinsiale […]
# Die Suid-Afrikaanse chirurg Kirthi Ramdhani het die eerste dokter in Afrika geword om in beide pediatriese chirurgie en plastiese- en rekonstruktiewe chirurgie te kwalifiseer. Die 38-jarige van Tongaat in KwaZulu-Natal het hierdie mylpaal bereik nadat sy haar tweede spesialiskwalifikasie voltooi het. Haar prestasie word beskou as ‘n belangrike mylpaal vir gespesialiseerde gesondheidsorg in Afrika. […]