# AfriForum het ‘n aansoek vir minagting van die hof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die aansoek kom ná die EFF en Malema se hernieude oproepe tot onwettige grondbesetting, ten spyte van ‘n hofbevel wat AfriForum in 2017 […]
# Die Wes-Kaapse polisie het die moord Saterdagaand in Nyanga, Kaapstad op ‘n 37-jarige polisiebeampte wat van diens af was veroordeel. Polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê die polisie op patrollie het reageer op skote wat in die gebied gehoor is toe hulle op ‘n groep mense in Hanistraat afgekom het. Sy sê met hul aankoms op […]
# Die DA in Tshwane sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan Hammanskraal en die opening van twee boorgate in Kenana Gardens het niks gedoen om die grondliggende waterkrisis van inwoners op te los nie. Cilliers Brink van die DA sê huishoudings verduur steeds onbetroubare watervoorsiening ten spyte van die politieke trompetgeskal rondom die nuwe […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het pogings deur die iLembe-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal verwelkom om toegang tot betroubare en volhoubare watervoorsiening uit te brei na gemeenskappe wat voorheen onbedien was. Dit volg na die voltooiing van twee watervoorsieningskema-projekte in die dorpe Macambini en Ndulinde in die Mandeni-plaaslike munisipaliteit. Majodina sê die uitbreiding […]
# Cosatu dring aan by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur en die Steve Tshwete-munisipaliteit om onmiddellik op te tree en die elektrisiteit na 4 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon se Middelburg-basis in Mpumalanga te herstel. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die 100 soldate en hul afhanklikes wat op […]
# Build One South Africa het die DA se planne om die lewering van noodsaaklike munisipale dienste in die Stad Johannesburg te privatiseer, in geheel verwerp. BOSA-woordvoerder, Graham Charters, sê die DA se verkiesingsmanifes vir 2026 stel ‘n veel groter rol voor vir private maatskappye in die finansiering, instandhouding en bedryf van munisipale dienste soos […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê laboratoriumtoetse het bevestig dat genetiese materiaal van die sardynherpesvirus teenwoordig is in getoetste sardyne. Janet Coetzee van die departement sê die virus is gevind in dooie sardyne en op laer vlakke ook in sommige oënskynlik gesonde sardyne wat aan die Weskus versamel is. Sy sê […]
# Saftu het by die families, oorlewendes, en mynwerkers asook die hele werkersklas aangesluit om vandag die 14de herdenking van die Marikana-slagting te onthou. In Augustus 2012 het die polisie op stakende mynwerkers by Lonmin se platinummyn in Marikana, Noordwes, losgebrand en 34 werkers doodgeskiet. Die werkers het betoog vir ‘n lewensvatbare loon van 12-duisend-500 […]
# Die ACDP doen ‘n beroep op die regering om die stryd teen bendegeweld in gemeenskappe regoor die land dringend eerste te stel. Palesa Yates van die party sê die onlangse sinnelose moorde in Reigerpark, Gauteng, op twee jong vroue en twee polisiebeamptes is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Sy voer aan dat gewone polisie-ontplooiings nie […]