# Die Suid-Afrikaanse Olimpiese gouemedalje-wenner, Caster Semenya, het die hoofrede gelewer op die Harvard Kennedy-skool in Amerika se Vroue in Mag-konferensie. Sy en die Amerikaanse Olimpiese wenner, Lauren Scruggs, het gesprek gevoer oor veerkragtigheid, doelwitte en identiteit. Semenya het in haar toespraak vertel hoe sy ondanks teenspoed onoorwinlik en veerkragtig bly. Sy beskryf die ervaring as ʼn droom wat waar geword het.
Caster Semenya sê haar gees bly veerkragtig en onoorwinlik