# Die groep kunstenaars wat in April op vanjaar se Kaapstadse Internasionale Jazz-fees te sien sal wees, tree op onder die tema, Legacy Meets Tomorrow. Die bekroonde platejoggie en vervaardiger, Black Coffee, deel die verhoog met die pianis, Nduduzo Makhathini, vir ‘n spesiale optrede saam met ʼn volle orkes en spesiale sangers. Ander kunstenaars sluit in die jazz-pianis en komponis, Kyle Shepherd, die baskitaarspeler en komponis, Benjamin Jeptha, en sangeres Thandiswa Mazwai. Die organiseerders sê hulle sal volgende maand die volledige lys deelnemers bekendmaak.
Black Coffee en Kyle Shepherd gaan op Kaapstadse Internasionale Jazz-fees optree