Skip to content

Bere stroop heuning na hulle uit wildkamp ontsnap

# Twee bere wat die ontruiming van ‘n dieretuin in Engeland veroorsaak het, het hulle pad reguit na die heuning-pakkamer gebaan. Die bewaringsorganisasie Wildwood Devon sê die Europese bruinbere, Mish en Lucy, het uit hulle hok ontsnap en is in ’n verrykingsgebied aangetref. Parkbeamptes sê hulle het rondgewandel en toe hulle die voorraadkas met heuning ontdek, het hulle ‘n week se voorraad verorber. Die dieretuin is ontruim nadat die bere gewaar is en 16 mense, insluitend kinders, is in ‘n speelskuur toegemaak vir hulle eie veiligheid.